Hoërskool Swellendam atlete skitter by Dal Josephat atletiek byeenkoms
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het Hoërskool Swellendam atlete die Noord-Bolandspan verteenwoordig by Dal Josephat in die Paarl. Ons spog solank met ons 3 medalje wenners wat dan opgeneem is in die Bolandspan. Ilandri du Plessis, ‘n matriekdogter, spog met twee goue medaljes, een vir 1500m en ‘n ander vir 800m in die o.19-dogtersafdeling. Inge van Wyk het ‘n pragtige brons vir haar 800m verwerf in die o.14-dogters afdeling. Danté Aries verteenwoordig dan die manne met ‘n brons vir o.15-seuns driesprong. Ons is trots op die 3 atlete wat hulle hardewerk en ure se oefen ten toon stel en die Bolandspan by die Wes-Kaap byeenkoms gaan verteenwoordig.










