Hoërskool Volksrust redenaar praat uitstekend
ADVERTISEMENT
Vrydag, 20 Mei 2022, het Vutomi Makhubele deelgeneem aan die semi-finaal van die ATKV Redenaars te HTS Witbank. Sy het deelgeneem in die onvoorbereide afdeling. Haar onderwerp was ‘Matriekafskeid is vandag nog relevant. Ja/Nee’. Vutomi het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Hoërskool Volksrust is ongelooflik trots op ons Volkie! Ons hou duimvas vir die uitslae!










