Hoërskool Volksrust Hokkieliga skop af
ADVERTISEMENT
Saterdag 6 Mei, het Hoërskool Volksrust se hokkieliga afgeskop. Ons het teen Standerton gespeel hier op ons tuisvelde. Volkies se hokkiespanne het net weer eens gewys waarvan hulle gemaak is. Die o.14 span van Mej. Ngcobo het van die veld af gestap as wenners met ‘n telling van 3 doele teenoor 1. Juffrou Zuzané se o.15 span het stadig begin, maar trap toe vet en wen Standerton 4–0.
Die o.16’s, afgerig deur juffrou Marika Rossouw, moes ongelukkig in ‘n baie spanningsvolle wedstryd die knie buig teen Standerton en verloor 3–2. Volkies se tweedespan het hard gewerk en hard verdedig, maar ongelukkig het mej. Cockcroft se meisies 1–0 verloor. Juffrou Carli se rooi masjien, het vuurwarm hokkie gespeel en wen 4–1. Baie geluk aan elke afrigter en speler. Sterkte vir die volgende wedstryde wat plaasvind teen Kanonkop, in Middelburg. ~me. Zuzané van der Merwe~
tweede hokkiespan
o.15 hokkie
Noodhelper staan by met ys









