Hoërskool Swartland swemmer presteer aan die SA Skole Swemkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland swemmer Zachary Kruger het in die o.14-ouderdomsgroep deelgeneem by die SA Skole Swemkampioenskappe. Hy het aan vyf items deelgeneem en drie finale plekke behaal.
Uitslae:
50 m Rugslag – 1ste plek
200 m Rugslag – 4de plek
200 m Wisselslag – 5de plek
50 m Vlinderslag – 10de plek
100 m Vryslag – 11de plek
Baie geluk, Zachary, met hierdie uitstekende prestasie! Die Wes-Kaap-span het ook vanjaar die SA Skole Swemkampioenskappe gewen.










