Laerskool Goedehoop ATKV Redenaars
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 22 April 2026 was dit die eerste rondte van die ATKV Redenaars te HTS Witbank. Die volgende sprekers van Laerskool Goedehoop het uitstekend gevaar en is deur na die Mpumalanga Semi-Finaal wat plaasvind op Vrydag, 15 Mei 2026 ook te HTS Witbank. Leané Luddick en Melandie Faber neem in die kategorie Gr. 6 & 7 Afrikaans Huistaal deel. Hulle moet nie net ‘n voorbereide beredeneerde praatjie aan die beoordeelaars weergee nie, hulle moet ook ‘n onvoorbereide redenaarspraatjie binne ‘n uur skryf, leer en weergee. Kaitlyn Shackleford en Manny Neto neem in die kategorie Gr. 6 & 7 Afrikaans Addisionele Taal deel.










