Hoërskool Strand dansers presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand is baie bevoorreg om met 6 van die dansers, wat vanaf 20-26 Mei aan ‘n internasionale dansgeleentheid in Kroasië gaan deelneem, te spog. Hulle is lede van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Dance Star World Dance Masters-geleentheid gaan deelneem. Dit is ‘n uiters gesogte geleentheid, waar meer as 4000 dansers van 28 lande vanoor die wêreld hul dansvernuf ten toon stel. Die dansers, vir wie hierdie eer te beurt geval het, is Christo Thiart (graad 12), Mieke Carr en Linke Thiart (albei graad 9), asook Rochell Alberts, Olivia Kotze en Isabella Meyer (almal graad 8). Hierdie dansers sal hul vernuf ten toon stel in onderskeidelik solo’s, duette en dansgroepe. Hoërskool Strand is baie trots op hierdie dansers en wens hul ‘n onvergeetlike tyd toe.
Van links na regs: Rochell Alberts, Isabella Meyer, Linke Thiart, Christo Thiart, Mieke Carr en Olivia Kotzé.










