Laerskool Wierdapark karateka ontvang sy Gauteng klere
ADVERTISEMENT
Marnu Nel gr. 5 van Laerskool Wierdapark was gekies om aan die WUKF SA’s (World Union Karate-Do Federation) in Port Elizabeth deel te neem. Hy het op 7 Maart 2026 sy Gauteng-klere by WUKF Gauteng ontvang en sal die Gauteng-span verteenwoordig gedurende die tydperk van 29 April tot 4 Mei 2026. Baie geluk met hierdie besondere prestasie.










