Hoërskool Outeniqua karatekas presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Outeniqua se Liam van Wyngaard en Andre Meintjies wat uitstaande prestasies by die Gaborone International Open Karate Championship 2025 wat van 11–12 Oktober in Botswana plaasgevind het, behaal het.
Beide leerders het Suid-Afrika verteenwoordig as deel van die Karate South Africa (KSA) ontwikkeling-span, ‘n ongelooflike eer en prestasie!
- 𝗟𝗶𝗮𝗺 𝘃𝗮𝗻 𝗪𝘆𝗻𝗴𝗮𝗮𝗿𝗱 het ‘n silwermedalje verower in die kata-afdeling, ‘n bewys van sy tegniese vaardigheid en toewyding.
- 𝗔𝗻𝗱𝗿𝗲 𝗠𝗲𝗶𝗻𝘁𝗷𝗶𝗲𝘀 het ook die land en skool trots verteenwoordig en waardevolle internasionale ervaring opgedoen.
Ons is trots op julle, Kwaggas!













