Hoërskool Witteberg leerders vaar uiters goed in karate
ADVERTISEMENT
Bethlehem Karate het die afgelope naweek aan die Shoto Champs Karate kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Karatekas van regoor die land so vêr as Kaapstad en Botswana het aan die kampioenskappe deelgeneem. Twee karatekas van Hoërskool Witteberg het deelgeneem aan die kampioenskappe en uiters goed gevaar.
Hanré Dreyer (Gr.8) het Goud verwerf aan Kadet Seuns Ope (14 tot 15 jaar) Kata, Brons vir Junior Seuns Ope (16 tot 17 jaar) en Brons vir Span Kumite. Juandro Bernard (Gr.10) het Brons verwerf in Ontwikkelings Kata Seuns eie belt groep. Baie geluk manne, ons is trots op julle!
Hanré
Juandro










