SA Kleure vir Die Hoërskool Brandwag karateka
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag is trots op Andrè Swanepoel wat die afgelope naweek aan die “SAJKA-Nationals and Africa Cup” karatekompetisie deelgeneem het. Hy behaal ‘n 1ste plek (Goud) vir Kata en is as die kampioen van o.14 Kata-divisie in Suid-Afrika aangewys. Hy verwerf ook ‘n 2de plek (Silwer) vir Kumite en hy ontvang ook sy SA-kleure.
![]()
Brandwag is trots op Kailyn du Preez en Leané Bradley wat puik in Karate presteer het. Kailyn du Preez in graad 10 verwerf brons in Kata en goud in Kumite o.16. Leanè Bradley in graad 8 verwerf goud in Kata en goud in Kumite o.14 en word ook gekroon as Grand Champion. Albei leerlinge ontvang SA-kleure.
![]()










