Hoërskool Louis Trichardt netbalspelers gekies vir die Limpopo spanne
ADVERTISEMENT
Hartlik geluk aan die volgende netbaldogters van Hoërskool Louis Trichardt met hul verkiesing tot onderskeie Limpopo-spanne. Dit is ’n besondere prestasie en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle se harde werk op die netbalbaan.
o/18 – Muku Khosa
o/17 – Clarize Moller (NTR)
o/17 – Elmé Burger (NTR)
o/16 – Kaylee Coetzee
o/14 – Princess Mukono
o/14 – Elani Kruger (NTR)
Baie geluk met hierdie groot eer, Triegies! Sterkte met die provinsiale seisoen – ons weet julle gaan uitstekend presteer!














