Hoërskool Strand se koor bekoor almal met hul talent
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand se koor het vroeër die kwartaal, tydens ‘n koorfees by Parel Vallei, waar Emo Adams gaskunstenaar was, opgetree. Hierdie dameskoor is hard aan die werk en het 21 Augustus aan die Helderberg Eisteddfod deelgeneem. Ons is trots om te sê dat ons koor goud plus ontvang het. Later in die kwartaal neem hulle aan die Allegretto Eisteddfod deel en tree ook op by die damesoggend wat op 5 Oktober by ons skool plaasvind. Ons is opgewonde oor die toekoms van ons koor!
![]()










