Laerskool Hugenote Skoolkoor het bewys musiek is meer as net klanke
ADVERTISEMENT
Laerskool Hugenote bewys Musiek is meer as net klanke dit is ‘n hartservaring. Hierdie waarheid het vanjaar weer gestalte gekry toe Hugenote Laerskool vir die derde agtereenvolgende jaar hul Koorfees aangebied het.
Die gaskunstenaar, die bekroonde Anna Davel, het ekstra luister aan die fees verleen. Die massakoor-item saam met hierdie Suid-Afrikaanse diva het die aand op ‘n hoendervleis-hoogtepunt afgesluit.










