Laerskool Kathu Junior Koor verwerf die hoogste prestasie op deelname vlak
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Kathu junior koor! Ons is ongelooflik trots op ons Gr. 1-3-maats wat ‘n Junior Diploma verwerf het tydens die NEA (Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika) die hoogste prestasie op deelnamevlak!
Met hul oorspronklike en gevarieerde uitvoering van die bekende, Sewe Sakke Sout, het hulle nie net harte gesteel nie, maar ook bewys dat toewyding, samewerking en passie werklik vrugte afwerp. Hul talent en harde werk is ’n inspirasie vir ons almal! Hou aan sing en droom groot!










