Hoërskool Bredasdorp leerders woon die ATKV Lentebal 2025 by
ADVERTISEMENT
ATKV-projek: Lentebal 2025: Die Lentebal, gereël deur die ATKV-span van ons skool, is verlede week met groot sukses aangebied. Die skoolsaal het geblink van glans, styl en jong energie. Ons wil graag almal bedank wat betrokke was om die aand moontlik te maak – ons leerders, ouers, onderwysers en King Chicken.
Die ware doel agter die Lentebal was egter groter as net die viering self: Die ATKV het besluit om ’n gedeelte van die wins aan behoeftiges in ons gemeenskap te skenk. Hoërskool Bredasdorp is trots daarop dat hierdie geleentheid nie net vreugde gebring het nie, maar ook ’n verskil in ons gemeenskap sal maak.














