WP Tennis vir leerders van Laerskool Eversdal
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende leerders van Laerskool Eversdal wat WP Tennis verwerf het! Julle toewyding, harde werk en uitstekende prestasies op die tennisbaan het nie net vir julle hierdie besondere eer besorg nie, maar ook die skool ongelooflik trots gemaak.

Van links na regs: Mnr. Hernu Redelinghuys (Tennisafriger) Nina Esterhuizen, Lihan Lerm, Ben Kuffner, Alrik Zwiegers, Adriaan Engelbrecht en Mnr. Gys Burger (Skoolhoof).









