Hoërskool Dirkie Uys tennisspanne vaar uit puik
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland Tennis doen ongelooflik! Baie geluk aan die tennis wat Hoërskool Swartland gewen het!
- 1ste span 21-10
- 2de span 16-13
Baie geluk aan ons 1ste en 2de tennisspanne met die wen teen Hoërskool Piketberg.
- 1ste span: 21-10
- 2de span: 16-13
Hoërskool Dirkie Uys meisiespan het hierdie naweek uitgeblink by die Agnus Pauw Tennistoernooi en fantastiese uitslae behaal:
- 37-12 teen Bredasdorp
- 36-13 teen Hermanus
- 42-7 teen Upington
- 37-15 teen Parel Vallei
Verloor met slegs 1 punt teen HTS Drostdy. Ons eindig algeheel 3de plek!
Finale uitslae:
- Paarl Gimnasium
- HTS Drostdy
- Dirkie Uys
- Parel Vallei
- Hugenote
- Hermanus
- Bredasdorp
- Upington
- Bellville
- Augsburg/Lutzville
Baie geluk, ons is baie trots op julle! Hoërskool Dirkie Uys wen T4J Tennistoernooi! Hoërskool Dirkie Uys het die afgelope naweek aan T4J Tennistoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi vind jaarliks in Bredasdorp plaas.
- Langenhoven Gimnasium: 43-8
- Hoërskool Parel Vallei: 41-10
- Hoërskool DF Malan: 44-7
- Hoërskool Stellenbosch: 49-2
- Hoërskool Durbanville: 33-18
Ons wen die A-Afdeling en bring die trofee vir die tweede jaar in ‘n ry terug huis toe. Dirkie Uys Tennisspan skitter in Sun City .Op Donderdag, 27 Februarie 2025, het ons tennisspan per vliegtuig vertrek na Sun City om aan die Menlo Mixit Toernooi deel te neem.
Donderdagmiddag het ons lekker baljaar by Valley of the Waves, waar van die spelers hul dapperheid getoets het deur die uitdagendste glybane aan te durf.
Vrydag het die toernooi amptelik afgeskop. Ons span het uitstekend gevaar en het Menlopark B met 24-0 en Midstream College met 22-5 gewen. Daarna het ons ongelukkig teen Hermanus 16-8 verloor.
In die halfeindstryd het ons ‘n taai wedstryd teen Menlopark A gehad, maar is met 17-9 geklop. Die uitspeelwedstryd vir die derde en vierde plek teen Paarl Boys/Girls kon ongelukkig nie voortgaan nie as gevolg van reën.Terwyl die nat bane ons van tennis weerhou het, het ons die tyd benut vir ‘n opwindende padel-kompetisie.Die span het die toer baie geniet en ons sien uit na die volgende uitdaging!
SOMER INTERSKOLE…
Gister was ons jaarlikse Somer Interskole. Baie geluk aan Jan van Riebeeck wat die swem gewen het en Dirkie Uys wat die tennis gewen het. Dankie aan almal se deelname en goeie gees!










