Hoërskool Dirkie Uys tennis nuus
ADVERTISEMENT
Hoërskool Dirkie Uys tennisspelers het vanaf 1-3 Februarie 2024 aan die Overberg Wealth and Risk Management
T4JDubbelstoernooi deelgeneem in Bredasdorp. HDU wen die A-afdeling.
Tennistoernooi:
Liebe van Schalkwyk van Hoërskool Dirkie Uys het aan die Interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria deelgeneem waar sy die o.15 Kavalierspan verteenwoordig het. Liebe wen al haar enkelwedstryde en word gekies vir die SA-skolespan wat na Engeland toer in Junie 2024.











