Laer Volkskool fietsry uitslae
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse Sneeuberg Crawl het Saterdag, 29 Maart 2025, in Murraysburg plaasgevind. Swaar reën het die organiseerders genoop om vroegoggend die voorafbepaalde roetes aan te pas — want Laer Volkskool was daar om te fietsry, nie bootry nie! Gelukkig was dit nie Swem, Jannie, swem! nie, maar eerder hou bene, hou!
25 km Roete – Dogters o.13
Nianel du Preez – 1ste plek
Karli Minnie (8 jr) – 2de plek
Mienke Sparrius (8 jr) – 3de plek
Milah Sparrius (6 jr) – 4de plek
25 km Roete – Seuns o.13
Zac Pieterse (8 jr) – 1ste plek
Janco van den Berg – 2de plek
Bernardt Delport (8 jr) – 3de plek
60 km – o.18 afdeling
Frederik de Klerk (12 jr) – 3de plek algeheel! Wat ‘n uitmuntende prestasie vir sy ouderdom.
100 km – Mansafdeling (Gravel Bikes)
Philip de Klerk – 2de plek
JP Minnie – 3de plek
60 km – E-Bike Afdeling
Peet de Klerk – 3de plek (Oupa van Frederik en Anja de Klerk)
Baie geluk aan al ons deelnemers! Julle het die uitdagings van die dag met durf en geesdrif aangepak.

Frederik de Klerk

Janco van den Berg, Bernardt Delport en Zac Pieterse

Mienke Sparrius, Karli Minnie en Nianell du Preez









