Hoërskool Driehoek spog met 9de beste o.18 hamergooier in die Wêreld
ADVERTISEMENT
Met ’n ongelooflike gooi van 71.24m het JP Theron van Hoërskool Driehoek homself gevestig as die 9de beste o18 hamergooier in die wêreld!
Maar hierdie prestasie gaan oor méér as net ’n afstand…
Dit is die resultaat van:
- ure se harde werk
- onwrikbare fokus
- yster-dissipline
- ‘n nederige hart
JP is nie net ’n atleet nie — hy is ’n voorbeeld van wat moontlik is wanneer talent en toewyding mekaar ontmoet. Die wêreld begin nou eers sien wat ons al lankal weet…










