Bethlehem Voortrekker Hoërskool dra weer die Kampioen kroon
ADVERTISEMENT
Bethehem Voortrekker Hoërskool is as beste atletiekskool gekroon tydens Vrystaat Interhoër Atletiekkampioenskappe in SASOLBURG:
Talent. Toewyding . Topafrigters. Dit is die BVHS atlete se bestanddele vir hul wenresep. BVHS wen die byeenkoms oortuigend uit 185 Vrystaatse skole. Die atletiekseisoen het vele hoogtepunte opgelewer vir ons atlete. Hulle het die Graanveld en die Oos-Vrystaat byeenkomste oorheers. BVHS is ook Track and Field se Vrystaat-been se wenners en dring deur na die Nasionale kompetisie om te kompeteer vir die beste atletiekskool in die land
Die wil om te wen en met trots uit die stryd te tree, was in elke byeenkoms duidelik sigbaar. Om die top atletiekskool in die Vrystaat te wees, is vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool ‘n eer.
’n Ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande. Voortrekker sluit die dag af met 77 medaljes waarvan 34 goud, 26 silwer en 17 brons was.
Die dag is ook gekenmerk deur die vier rekords wat verbeter is.
Carise van Rooyen is aangewys as die
Top meisiesatleet van die dag en 2de algeheel. Sy verbeter ook ‘n rekord D/19 800 m van 2:13,22 na 2:08,21;
Coenraad Janse van Vuuren B/16
Hamergooi rekord verbeter van 59,37m na 60,40m;
Dehan Cilliers B/14
1500m hindernis verbeter rekord van 4:49,86 na 4:45,95;
Liam Lloyd Doman S/19 10000 m stap
Rekord verbeter van 62:13,36 na 53:09,85.
Ons aflosspanne het ook goud huis toe gebring. 4 goud, 3 silwer en 3 brons het aan die Trekkerspanne behoort. Hulle het die skare behoorlik op hul voete gehad.
Volgens Mnr Andi Wolmarans, atletiekhoof en afrigter, het die atlete se toewyding en liefde vir die sport by die byeenkoms vrugte afgewerp. Hy bedank ook elke afrigter wat individueel by BVHS se atlete betrokke is. Sonder hul kundigheid sou ons atlete nie met hierdie prestasies kon wegstap nie.

Foto 2: Voor l-r: Amelie Pretorius, Maggie Arrangies, Nicolene Arrangies, mnr. Andi Wolmarans, Jannette Beukes, Milandi Van Schalkwyk, Lisa Rautenbach en Maricelle Nortjè.
Middel: Kaylie Du Bruyn en Mantsema Chobokane.
Agter: Miéke Hattingh, Reané Campher, Anke Gunter, Liesa Kruger, Carise Van Rooyen, Mieke-Louise Britz, Carla Britz, Chloe Nienaber, Elné Hugo, Gerné Potgieter en Cara Rautenbach.










