Hoërskool Swellendam se toutrekspan presteer
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 14 Januarie het Hoërskool Swellendam se toutrekspan aan ’n vriendskaplike toernooi op Buffeljags deelgeneem. HS Swellendam het teen verskeie skole en klubs gekompeteer soos Hoër Landbouskool Oakdale, Swellendam Sekondêre Skool, Hoërskool Punt en vele meer. Dit het egter nie die Swellies verhinder om uit te blink nie.
Die puik prestasies is in die verskeie afdelings behaal:
520 kg meisies: Silwer
520 kg gemeng: Silwer
440 kg seuns: Brons
480 kg meisies: Brons
480 kg seuns: 4de plek
Alhoewel dit ’n vriendskaplike toernooi was, het hierdie Swellies definitief nie gekom om te speel nie.
Die gemengde 520kg span wat ’n silwer medalje by die byeenkoms verower het
Die 520kg dogter-span het ’n silwer medalje by die byeenkoms verower










