Winterkriekettoer prestasie vir Hoërskool Fichardtpark leerder
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Fichardtpark leerder Jaden Geldenhuys wat, ná sy keuring op die Winterkriekettoer, die Merensky Dream Team Krieket XI by die World Schools Festival in Abu Dhabi van 14–21 Desember 2025 verteenwoordig het. Die Dream Team het uitstekende krieket gespeel en hul pad tot in die finaal oopgespeel, waar hulle teen Howick College (Nieu-Seeland) te staan gekom het. Alhoewel die span uiteindelik tweede geëindig het en Howick College as kampioene gekroon is, kan die spelers trots wees op hul sterk vertoning op internasionale vlak.
Jaden het die toernooi met ’n indrukwekkende kolfgemiddeld van 45 afgesluit, ’n prestasie wat sy groei, toewyding en passie vir die spel bevestig. Baie dankie aan elke afrigter, spanmaat en ondersteuner vir die geleenthede en ondersteuning wat hierdie ervaring moontlik gemaak het.














