Hoërskool Swellendam kolf die krieketseisoen tot ‘n einde
ADVERTISEMENT
Op 26 Februarie speel Swellies teen Esselenpark. Esselenpark kolf eerste en teken 189 vir 5 aan in 20 beurte. Frederico Williams neem 2 paaltjies vir 30 lopies in 3 beurte. Swellies teken ongelukkig net 97 vir 7 aan in hulle 20 beurte en verloor dus met 92 lopies. Frederico Williams (21 lopies) en Jeandre Evertson (34 lopies) is die uitblinkers met die kolf.
Met goeie gemoed en toewyding pak Hoërskool Swellendam nog ‘n wedstryd aan. Op 27 Februarie speel die Swellies teen Swellendam Sekondêr Skool. SSS word uitgeboul vir 41 in 12.2 beurte. Elgenin Mert neem 5 paaltjies vir 9 lopies in 4 beurte. Swellies teken die wen lopies aan in die 6de beurte met ’n verlies van slegs 1 paaltjie en wen dus die wedstryd met 9 paaltjies.
![]()
Ons sluit die krieketseisoen op 5 Maart af met ‘n wedstryd teen Bonnievale. Swellies kolf eerste en teken 113 vir 7 aan in 20 beurte. Jeandré Evertson teken ’n onoorwonne 69 lopies aan. Bonnievale teken die wen lopies aan in die 15de beurt met die verlies van 3 paaltjies. Baden Michaels neem al 3 paaltjies vir 31 lopies in 4 beurte. Baie geluk met ‘n suksesvolle seisoen. Trots op julle!!










