Laerskool Aliwal-Noord krieket VS Karel Theron
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord het op Donderdag, 23 Oktober, teen Laerskool Karel Theron van Middelburg te staan gekom in ’n reeks spannende krieketwedstryde. Die dag was gevul met opgewondenheid, goeie spanwerk en sportiewe gees van beide skole.
Die o.9-span van Aliwal-Noord het uitstekend gevaar en met 4 lopies ’n welverdiende oorwinning behaal. Die jong spelers het groot vasberadenheid en samehorigheid getoon, wat uiteindelik die verskil gemaak het.

In die o.11-wedstryd het Aliwal-Noord dapper geveg, maar moes hulle die knie buig toe Karel Theron met 23 lopies geseëvier het.Die o.13-span het ook hul beste gegee, maar Middelburg se sterk span het met 34 lopies die oorhand gekry.Alhoewel die uitslae gemeng was, het Laerskool Aliwal-Noord se spelers trots, deursettingsvermoë en goeie sportmangees getoon. Dit was ’n dag vol leer, groei en lekker krieket!








