Worcester-Noord Primêre Skool leerder gekies vir die o.13 Boland krieketspan
ADVERTISEMENT
Worcester-Noord Primêre Skool is baie trots om aan te kondig dat Lu-Rick Cupido in die o.13 Boland krieketspan vir 2025 opgeneem is. Baie geluk Lu-Rick! Sterkte aan jou en jou span met die voorbereiding vir die toernooie wat voorlê. Ons weet dit sal baie goed gaan. Ons is saam met jou afrigter, span en ouers baie trots op jou.










