Hoërskool Outeniqua krieketspeler skitter op nasionale vlak
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua is ongelooflik trots op Mi‑Jeanne Botha (14) wat haar merk gemaak het tydens die Nasionale Krieketweek. In haar eerste o.19‑wedstryd vir die Garden Route Badgers, waar sy as onderkaptein dien, is sy aangewys as Speler van die Wedstryd teen Grens!
En die goeie nuus hou nie daar op nie…
Mi‑Jeanne is ook gekies vir die SA o.19 Fillies-span, ’n enorme prestasie vir ’n 14‑jarige! Die SA Fillies verteenwoordig die beste o.19‑spelers uit provinsiale toernooie en vorm ’n belangrike deel van Krieket Suid-Afrika se ontwikkelingspyplyn saam met die SA Skolespan. Dit is waar toekomstige Proteas geïdentifiseer en gevorm word en Mi‑Jeanne is nou deel van daardie elite groep Baie geluk Mi-Jeanne, die toekoms van vrouekrieket lyk blink met spelers soos jy!











