Vlak 3 SA Streekkampioenskap uitblinkers van Hugenote Hoërskool
ADVERTISEMENT
Hugenote Hoërskool is baie trots op Jazmin Anthony en Milla Christensen wat aan die Level 3 SA-Streekswemkampioenskap in East London deelgeneem het. Beide leerders het in die dogters o.16-afdeling meegeding en uitstekende prestasies gelewer.Baie geluk aan Jazmin en Milla met hierdie besonderse prestasie. Julle is ’n inspirasie vir ander leerders en ons sien uit na nog vele suksesse in die toekoms.
Jazmin Anthony:
- 100m Borsslag | 9de
- 100m Vlinderslag | 19de
- 200m Vryslag | 29ste
- 50m Borsslag | 10de
- 200m Individuele Wisselslag | 26ste
- 50m Vryslag | 26ste
- 200m Borsslag | 10de
Milla Christensen
- 100m Vryslag | 7de
- 100m Borsslag | 5de
- 50m Borsslag | 3de (Brons)
- 50m Vryslag | 1ste (Goud)











