Hoërskool Outeniqua swemmer vaar uitstekend in Oran Algeria
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua Isabeau Coetsee (14 jaar) vaar uitstekend by die 17de Africa Aquatics Senior Swemkampioenskappe in Oran, Algerië. Baie geluk met jou uitmuntende prestasies as deel van die Suid-Afrikaanse Swemspan wat van 5-10 Mei 2026 deelgeneem het. Isabeau, jy het behoorlik die rekords laat spat! Hierdie uitsonderlike prestasies vestig haar onder die beste swemmers in die land – iets waarop ons ongelooflik trots is. Haar uitslae is as volg:
100 m Rugslag – goud
Rekords: Eden, Wes-Kaap en SA
200 m Rugslag -goud
Rekords: Eden en Wes-Kaap
50 m Rugslag -silwer
Rekords: Eden, Wes-Kaap en SA
Aflosse:
4 x 100 m Wisselslag aflos – goud
4 x 200 m Vryslag aflos -silwer
4 x 100 m Vryslag aflos -brons
4 x 100 m gemende Vryslag aflos – brons
Welgedaan Isabeau! Leef jou droom. Die Kwaggas is voorwaar trots op jou.














