Nuwe Voorkoms vir die siekekamer by Laerskool Aliwal-Noord
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord se siekekamer het onlangs ‘n splinternuwe voorkoms gekry en die resultaat is werklik pragtig. Die opgeknapte ruimte skep nou ‘n netjiese, rustige en vriendelike atmosfeer waar leerders gemaklik en veilig kan voel wanneer hulle nie lekker voel nie.
‘n Groot woord van dank gaan aan Riandri Heyns vir haar hulp en moeite met die mooimaak van die siekekamer. Haar kreatiwiteit en harde werk het ‘n groot verskil gemaak en word opreg waardeer.
Baie dankie aan almal wat betrokke was by hierdie besondere projek!
Before:
After:















