Laerskool Swellendam leerders wys hoe energie bespaar kan word
ADVERTISEMENT
Laerskool Swellendam is trots om aan te kondig dat Maree Puren en Minette Odendaal die interne wenners is van Swellendam Munisipaliteit se Energiebesparing Straatlig-projek!Hierdie talentvolle leerders het modelle gebou wat wys hoe energiebesparing in die praktyk toegepas kan word:
Maree het ‘n slim oplossing gedeel vir hoe waterdruk verhoog kan word sonder enige elektrisiteitsverbruik. Minette het gefokus op die rol van windturbines en hul impak op energiebesparing en hernubare energie. Dankie aan al ons deelnemers wat hul kreatiwiteit en innovasie ingespan het om ‘n groener toekoms moontlik te maak!










