Laerskool Louis Leipoldt neem deel aan die Dink of Sink Debatkompetisie
ADVERTISEMENT
Laerskoolleerders van regoor Pretoria het op 6 Februarie 2026 by Hoërskool Montana aan AfriForum se eerste Dink of Sink onvoorbereide debatskompetisie vir die jaar deelgeneem.
Laerskool Louis Leipoldt se span, bestaande uit René Ferreira, Nina Nell en Helena Schabort, is as die wenners aangewys. Ons is ongelooflik trots op ons Leipies wat met soveel selfvertroue, deursettingsvermoë en talent deelgeneem het.










