Hoërskool DF Malan ATKV-debat sprekers gerat vir die kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan ATKV-debat sprekers laat hulle nie van stryk bring deur toetse. Baie voorspoed aan ons ATKV-debatteerders wat vandag en môre praat. Hierdie dapper sprekers laat hulle nie van stryk bring met ’n rits toetse wat tussendeur debatstoesprake en voorbereiding afgehandel moet word nie. Die eerste ronde van die ATKV-debatskompetisie vind hierdie naweek by Stellenbosch Hoërskool plaas.
Die gr.10- en 11-deelnemers is: Kyla van der Riel, Francé Esterhuyse, Alec Coleské, Bernardt Pretorius, Dirk Hagen en Jan-Hendrik Oberholzer. Die gr.8- en 9-deelnemers is: Carmen Jordaan, Mika Gelderblom, Kara Dekker, Lohen Chamberlain, Sebastian Gelderblom en Etienne van der Merwe.














