Hoërskool Labori presteer by die ATKV Debatskompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Labori het deelgeneem aan die ATKV se jaarlikse Debatskompetisie. Ronandy Rossouw, Reilly Hendricks en Anri Smit het geargumenteer dat realiteitsprogramme wel die werklikheid weerspieël. MJ Booker en Jason Wayne het aangevoer dat die afskaling van gedrukte media nie geregverdig is nie. So bou ons leerders oorredingsvermoë wat hulle saam met hul die toekoms in kan dra.











