Hoërskool Framesby debat sien uit na wat hulle in die finaal gaan vermag
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby het meegeding teen die volgende skole; Hoërskool Durbanville,Hoërskool DF Malan, Hoër Meisieskool Bloemhof, Ooskus Gimnasium,Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua en Hoërskool Langenhoven. Baie van dié skole het meer as een span ingeskryf en Framesby is die enigste
skool uit die Oos-Kaap wat deurgedring het. Framesby se junior debatspan met Minette van Zyl, Jemima Oosthuizen en Jani van Heerden het op 7 Junie aan die semi-finaal van die ATKV-debatkompetisie in Stellenbosch deelgeneem. Hulle vaar uitstekend – nie net wen hulle hul debat teen Hoër Meisieskool Bloemhof nie, maar eindig ook tweede van dié spanne wat op die dag meegeding het. Hulle dring dus deur na die nasionale finaal van die kompetisie. Ons is uiters trots op hierdie drie leerders se groot prestasie en sien uit na wat hulle in die finaal gaan vermag.Dit vind in Augustus by die ATKV-Goudini Spa plaas.












