Hoërskool Durbanville leerders wen die senior debatskompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons een seniorspan, Melandi Nabal, Islah Vorster en Tiaan Bierman, wat die afgelope Vrydag, 23 Mei 2025, die Dink of Sink-onvoorbereide debatskompetisie se streeksfinaal, in die senior kategorie, GEWEN het!
Hulle dring deur na die Nasionale Finaal wat in September in Centurion plaasvind. Baie sterkte, Durbies! Ons sien uit daarna om te sien hoe julle woeker met woorde in die Nasionale Finaal. Julle maak ons trots!










