Laerskool WA Joubert se “Winterhoop” projek is ‘n reuse sukses
ADVERTISEMENT
‘n Baie Groot Dankie aan Laerskool WA Joubert onder leiding van Juffrou Lista, wat vir ons projek “Winterhoop” al verlede jaar begin het om bottels en produkte in te samel. Ons het vanoggend 200 “Ubuntu” bottels by hulle gaan optel om in hierdie koue weer aan behoeftige mense uit te deel. Baie dankie vir elke personeellid, ouer en kinders wat vir hierdie groot skenking gesorg het en dit bymekaar gebring het! Ons is diep diep dankbaar vir julle pragtige gebaar!










