Ligbron Akademie vir Tegnologie leerders is gereed vir grootmenswêreld
ADVERTISEMENT
Donderdag was prakties van aard. Die senior dogtersvan Ligbron Akademie vir Tegnologie is deur die mans personeel geleer hoe om bande te ruil. Daarna het hulle wenke van Louise van Zyl ontvang oor hoe om ’n werksonderhoud te hanteer. Intussen het pastoor Mzi die senior seuns voorberei op die verantwoordelikhede van man- en pa-wees.
Die week is op ’n vrolike noot afgesluit met Donderdagaand se 80’s-sokkie. Vrydagoggend was dit die personeel se beurt om te wys hoe fiks hulle is. 7 personeellede het onder groot aanmoediging van die Liggies teen mekaar in die 100m meegeding het.
Dit was duidelik ’n week wat nie net kennis oorgedra het nie, maar ook harte aangeraak het. Die Liggies is bevoorreg, om onder die leierskap van Ferns, soveel mense te hê, wat opreg vir hulle omgee en hulle wil toerus vir die toekoms.










