Hoërskool Bredasdorp neem deel aan die Charlie Hofmeyr Hokkiefees
ADVERTISEMENT
29 Hoërskool Bredasdorp hokkiespelers het gedurende die vakansie aan Hoërskool Charlie Hofmeyr se hokkiefees deelgeneem. Die dogters het teen 3 skole en die seuns teen 5 skole onderskeidelik meegeding.
Die uitslae is as volg:
Seuns :
- vs HS Swartland: gelyk 1-1. Doel: Rickus Badenhorst
- vs Reddam House: verloor 1-3. Doel: Rickus Badenhorst
- vs HS Charlie Hofmeyr: verloor 0-6
- vs HS Labori: verloor 1-2. Doel: Brent Sinani
- vs HS Montana: wen 3-0. Doele: Nathan Katiyo (2),
Panashe Nyikayaramba - vs HS Labori (dag 4): verloor 1-3. Doel: Brent Sinani
- vs HS Montana (dag 4): wen 3-0. Doele: Nathan Katiyo,
Panashe Niyikayaramba, Brent Sinan
Dogters:
- vs HS La Rochelle: verloor 0-10
- vs Reddam House: verloor 0-3
- vs HS Charlie Hofmeyr: verloor 0-8
- vs Reddam House (dag 4): verloor 0-1
Die toer was goeie voorbereiding vir die komende hokkieseisoen. Ons glo die spelers het baie geleer en sal dit
in hul eie spel kan toepas.
Baie dankie aan die betrokke BD-ouers, die donateurs en die afrigters wie se bydraes en betrokkenheid by ons
spelers deelname aan hierdie toer verseker het.











