Laerskool Worcester-Oos leerder skitter in die Mega Cart klas
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester-Oos leerder Christo van Dyk (graad 5C) het die afgelope naweek aan die agste been van Mega Oval Raceway se klubkampioenskappe, in die Mega Cart-(Ninja Midgets) klas, deelgeneem. Christo het ‘n algehele tweede plek behaal vir die byeenkoms, wat beslis was deur drie kompeterende uitdunne en ‘n finaal. Christo is tans in die top drie van die klubkampioenskap, met nog een byeenkoms wat oor is vir die 2024/2025-seisoen.










