Laerskool Witpoort go karter as “Hero of the Month” bekroon
ADVERTISEMENT
Jandrè Kruyshaar (graad 4) is onlangs as “Hero of the Month” bekroon met sy deelname as go karter.
Hierdie prestasie is indrukwekkend opsigself, maar nog meer omdat dit maar Jandrè se vierde resies in geheel was! Hy het die titel verower na hy ‘n uitdagende baan bemeester het wat hy nog nooit tevore gery het nie. Hy het dan ook algeheel sesde geëindig.









