Hoërskool Framesby leerder presteer uitstekend by die SAES Motorsport wedren
ADVERTISEMENT
Dylan Grobler (graad 12) van Hoërskool Framesby het op Saterdag, 11 April aan die SAES (South Africa Edurance Series) Motorsport-wedren by Aldo Scribante-renbaan deelgeneem. Hy het uitstekend gevaar en twee van die drie wedrenne in sy klas gewen. Hy was die algehele wenner van die Sub 500-klas vir die dag. Welgedaan, Dylan!











