Laerskool Magalieskruin leerder presteer puik by die 2026 Gauteng Supreme Kampioenskap
ADVERTISEMENT
Na ’n ongelooflike kampioenskap eindig Quewan van Laerskool Magalieskruin 2de algeheel in die 2026 Gauteng Supreme Championship!
Die kampioenskap het oor drie bene gestrek:
- 28 Februarie – Mahem Raceway (Pretoria)
- 14 Maart – Ultimate Raceway (Vereeniging)
- 11 April – The Rock Raceway (Brakpan)
Een kampioenskap, drie bane en strawwe kompetisie met punte wat oor al drie wedrenne opgebou is om die uiteindelike wenners te bepaal. Wat ’n ongelooflike prestasie en bewys van harde werk, deursettingsvermoë en passie vir die sport.
Baie geluk!












