Laerskool Truida Kestell afrigters maak hul merk in Vrystaat Jeugkrieket
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Truida Kestell toegewyde Truidjie-krieketafrigters wat tydens die Vrystaat Jeugkrieket se Algemene Jaarvergadering tot verskeie belangrike portefeuljes verkies is. Hierdie aanstellings is ‘n besondere erkenning van hul kundigheid, leierskap en onwrikbare toewyding tot die ontwikkeling van jeugkrieket in die Vrystaat.
Dat hulle ook tans op die bestuur van Vrystaat Jeugkrieket dien, getuig van die groot vertroue wat die krieketgemeenskap in hulle stel. Hul betrokkenheid strek veel verder as die grenslyne van die veld en dra by tot die groei, bevordering en sukses van die sport op provinsiale vlak. Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie en wens hulle alle voorspoed toe in hul nuwe en voortgesette rolle. Julle is ware ambassadeurs van Truidjie en ‘n inspirasie vir ons jong krieketspelers.
CHARLIE J V RENSBURG
- Vrystaat Bestuur (TBM)
- VS Seuns o.12 Krieket Keurder
XANDER FENWICK
- Vrystaat Bestuur (Onder-voorsitter)
- Vrystaat Meisies o.13 Keurder (sameroeper)
- Vrystaat Seuns o.13 Keurder (sameroeper)
- Vrystaat Seuns o.13 Afrigter









