Hoërskool Ermelo Impi Visser-toernooi sorg vir mooi rugby
ADVERTISEMENT
EHS Impi Visser-toernooi sorg vir mooi sport: sewes rugby
Daar was 28 spanne wat onderskeidelik aan die o.13-, o.15- en o.17-oudersdomsgroepe deelgeneem het by die sewes rugby van EHS se Impi Visser-toernooi vanaf 2 tot 3 September.
Tyrone Berning in aksie
Die dae was gevul met mooi rugby en die Erries het hulself goed van hul taak gekwyt: in die semifinaal wen die o.13 Junior-Erriespan met 26-19 teen Secunda. Hierdie jong toekomstge Erries eindig as naaswenners vir o.13 in die toernooi.
EHS se o.17-span wen teen Hans Moore en dring deur na die semifinaal waar hul ongelukkig uitval.
Die wenners vir die dag, was:
- o.13: Middelburg
- o.15: Hoërskool Middelburg
- o.17: Hoërskool Secunda.
Almal -spelers, ouers en teenstanders-is dit eens dat die Erries weer eens gewys het van watter stoffasie hul gemaak is deur so ‘n voortreflike dag te reël.
EJ Venter in aksie










