Laerskool Lynnwood se atlete presteer in die droë hitte van Witbank
ADVERTISEMENT
Laerskool Lynnwood se atlete het Saterdag, 26 Oktober die stowwerige en droë hitte van Witbank aangedurf. Laerskool Taalfees se Top 20 byeenkoms was weereens top klas met van die beste skole in Mpumalanga wat teen mekaar meeding. Van wyd en suid, Secunda tot Nelspruit het atlete rekords laat spat. Lynnies het verlede jaar vir die eerste keer kragte en spoed teen Mpumalanga begin meet en ‘n 3de plek vir 2023 behaal! Met groot verbasing stap Lynnies weg as:
- Dogters Wenners 2024
- Seuns Wenners 2024
- Algehele Wenners 2024.
Geluk aan elke atleet en afrigter met ‘n uitstekende seisoen! Dit bly ‘n voorreg om met jou talent te woeker en ons sien uit na 2025 langs die atletiekveld!












