Laerskool Gansbaai leerder dans haar pad oop
ADVERTISEMENT
Laerskool Gansbaai leerder Lia du Toit het deelgeneem aan die Revibe Danskompetisie en 1ste plek ontvang. Na afloop van die kompetisie het hulle ‘n aanlyn Toekenningseremonie gehou vir die algehele wenners per afdeling. Hier het Lia die “Best of the Best”-trofee ontvang in die Pre-Junior afdeling.
Nasionale Move Danskompetisie: Lia du Toit, Graad 1, het Goud verdien met haar uitslag van 91.5% by die Nasionale Move Danskompetisie en kwalifiseer vir die volgende rondte wat oor twee weke by die Seepunt Burgersentrum plaasvind. Baie geluk, Lia – jy is besig om jou pad oop te dans!













