Laerskool Gansbaai 13-rugbygroep oefen hard vir hul toer na Van Reede
ADVERTISEMENT
o.13 Rugby Oefenkamp – Voorbereiding vir Van Reede Toer. Ons o.13-rugbygroep het hard geoefen ter voorbereiding van hul komende toer na Van Reede, Oudtshoorn! Saterdagmiddag vanaf 13:00 het die seuns mekaar uitgedaag in ‘n opwindende sewes-toernooi. Dit was ’n dag vol spanwerk, toewyding en natuurlik groot rugbypret! Spanne wat pryse gewen het:
- Rooi Bulle
- Ruck Rascals
- Blue Ninja’s
- Minions
Vasbyt Varke – wen ook die prys vir beste gees van die dag! Groot dankie aan al die lede wat pryse geskenk het! Julle ondersteuning word opreg waardeer! Baie dankie aan almal wat hierdie kamp moontlik gemaak het! Laerskool Gansbaai sien uit na ‘n fantastiese toer!
















