Laerskool Eikestad atlete presteer tydens die SA kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Eikestad se atlete het ongelooflik presteer het tydens die SA Kampioenskappe wat op Groenpunt plaasgevind het! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het werklik vrugte afgewerp. ’n Spesiale geluk aan Jandré van Niekerk wat ’n uitstekende 2de plek in die 1200m behaal het, Imke Dorfling wat 4de geëindig het in hoogspring, Nicola Ferreira wat 8ste plek behaal het in die 70m hekkies, en Sanmari Botha wat 7de geëindig het in die 1500m. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – julle verteenwoordig ons met trots en passie!




















