Hoërskool Framesby atlete presteer
ADVERTISEMENT
25 Hoërskool Framesby atlete het aan die ASA-Kampioenskappe wat van 27-29 Maart te Groenpunt Stadium, Kaapstad plaasgevind het, deelgeneem. Minder as ‘n week later neem 10 Framesby-atlete aan die SA-Skolekampioenskappe van 03-05 April in Bloemfontein deel. Met ’n totaal van 35 deelnemers oor die 2 verskillende SA-Kampioenskappe, en 7 medaljes verower is ons bitter trots op wat ons atlete bereik het. Die volgende Framesby atlete het medaljes verower: ASA Kampioenskappe (Kaapstad)
- Tamlyn Heyman – Silwer Medalje, Hamergooi, Dogters o.16
- Liam Smit – Brons Medalje, Paalspring, Seuns o.16
- Kayden Thoresson – Goue Medalje, Nuwe OP-Rekord, Paalspring, Seuns o.18
- Lincoln Kunneke – Brons Medalje, Hamergooi, Seuns o.18
SA Skole Kampioenskappe (Bloemfontein)
- Liam Smit – Brons Medalje, Paalspring, Seuns o.15
- Kayden Thoresson – Silwer Medalje, Paalspring, Seuns o.17
- Lincoln Kunneke – Brons Medalje, Hamergooi, Seuns o.17










